Healing Grace Products
Vrouedag – 9 Augustus!
Vrouedag – 9 Augustus!
Kom vier dit saam met ons op Vrouedag – 9 Augustus! 💫
Ons is opgewonde om julle te nooi na ons splinternuwe winkel en venue! Dis ’n dag vol inspirasie, bederf en geselligheid.
✨ Mericia, ’n geliefde Christelike berader, gaan die dames bederf met haar wyse woorde en diep insig.
🌸 Healing Grace bied ook ’n essensiële olie seminaar aan.
🎁 Elke gas ontvang ’n geskenkie
🍰 Heerlike eet- en drinkgoed sal bedien word.
🗓 Datum: 9 Augustus
📍 Plek: Krugersdorp Noord (sal bevestig word aan kaartjie houers)
⏰ Tyd: 10:00
Kom vier vrouwees, genesing en genade saam met ons! 💕
Bespreek jou plek vandag – spasie is beperk!
Terme en voorwaardes
- Indien jy aanlyn bespreek moet jou kaartjie binne 24 uur betaal word of dit word gekanselleer
- Ongelukkig geen kansellasies nie – ons doen moeite met persoonlike geskenkies
- Geen kinders onder 12 – hierdie is ‘n tydjie vir jou om bietjie af te skakel en die dag te geniet
- Ek kan ongelukkig vir niemand kaartjies uithou nie
- SLEGS aanlyn besprekings – daar word ‘n beperkte aantal kaartjies gelaai en tel af soos dit verkoop so jy kan ongelukkig nie op whatsapp bespreek nie.
‘n % van die kaartjie verkope en die dag se produk verkope word geskenk aan FORA (Friends of Rescued Animals) so kom help ons om hulle te ondersteun.
Couldn't load pickup availability
Share
