Media and Personal Testimony
🎙️ Nuutste Onderhoud: Donna Bothma op Radio Kansel – 16 Julie 2026
Hier is die nuutste onderhoud met ons stigter en CEO, Donna Bothma, saam met die lieflike Bertha Wahl van Radio Kansel. In hierdie gesprek deel Donna haar hart en haar reis — van haar pad in natuurlike welstand, haar betrokkenheid by SACBW waarvan sy ’n trotse lid is, tot die ongelooflike werk van Belly2Brain en die Uncage Hunger‑inisiatief by Cradlestone Mall.
Sy gesels ook oor haar ABBO Bybelse Beradingskursus, hoe AMAZING essensiële olies saam met jou liggaam werk vir optimale gesondheid, die hart en missie agter Healing Grace, en haar reis saam WOSA South Africa, waar sy uiteindelik benoem is as 1st Runner‑Up in Health & Wellness — 'n huge blessing uit Vader se hand.
Ons ontvang daagliks boodskappe van mense wat vertel hoe Healing Grace hul gesondheid en welstand aanraak — nie net fisies nie, maar ook emosioneel. Hulle deel hoe hul pyn verlig, hul vel herstel, hul angs kalmeer, en hoe hulle weer gesentreerd, geliefd en waardevol voel. Elke produk dra ’n stukkie van ons hart, en ons kliente voel dit — of hulle nou ’n bestelling plaas, ’n geskenk ontvang, of saam met ons by ’n funksie kom kuier. Hulle vertel hoe spesiaal, gesien en gekoester hulle voel, en hoe Healing Grace vir hulle ’n veilige, warm plek geword het waar hulle kan groei, herstel en weer asemhaal.
Luister gerus saam en deel in die inspirasie.
✨✨✨
🎙️Donna is in the Sauma HD Radio Studio on the Green Light Show, talking about Healing Grace - August 2025
Listen here


✨✨✨
🎙️Donna gesels met Janine van Niekerk van Radio Kansel - 22 Januarie 2021
Luister hier

✨✨✨
🎙️Donna gesels met Ds Johan Els van Radio Kansel - Des 2020
Luister hier
✨✨✨
✒️ In 2017 het Anja van den Berg van Intiem Tydskrif ’n diep, eerlike en inspirerende onderhoud met Donna en Johan Bothma gevoer — ’n gesprek wat die hart van hul huwelik, hul geloof, hul reis, hul uitdagings en hul oorwinnings vasvang.
“Ons moes een van ’n pasgebore tweeling aan die dood afstaan”
Die onderhoud deel nie net hul storie nie, maar ook die waardes wat hulle dra: hoop, heling, genade, groei, en die krag van ’n huwelik wat deur God se hand geanker word. Dit is ’n stukkie geskiedenis wat die fondasie van Donna se latere werk en roeping help vorm het — en ’n kosbare kykie in die mens agter Healing Grace.
Lees gerus hier
Intiem Tydskrif Artikel
