Healing Grace Products
Luukse Badsout - Julle is 'n uitverkore volk
Luukse Badsout - Julle is 'n uitverkore volk
5.0 / 5.0
(1) 1 total reviews
Julle is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is - 1 Petrus 2
’n Klein bederfie met ’n groot hart
Ons handgemaakte badsout is ’n sagte uitnodiging tot rus — ’n mengsel van minerale sout, suiwer essensiële olies en gedroogde kruie wat jou liggaam kalmeer en jou siel verfris. Elke pakkie word met sorg saamgestel en dra ’n skrifvers of woord van bevestiging, sodat die ontvanger nie net ’n geskenk kry nie, maar ook ’n herinnering aan hul waarde.
💛 Hoekom mense daarvan hou
- Geurige, terapeutiese essensiële olies
- Pragtige gedroogde kruie vir ’n luukse bad-ervaring
- Kom in stylvolle, geskenk‑gereed pakkies
- Met skrif of affirmasies wat bemoedig en inspireer
- ’n Bekostigbare, maklike geskenk vir ’n juffrou, vriendin, kollega of iemand wat ’n bietjie ekstra liefde nodig het
Verskillende opsies beskikbaar.
Elke pakkie bevat genoeg vir een bad (1x with tee sakkie of soms 2x - die gewig bly dieselfde so alle sin jou pakkie gaan in die bad. Verwyder die plastiek en gooi die wit teesakkie in die bad.
Couldn't load pickup availability
Share

Perfekte geskenkie met kragtige boodskap. Baie tevrede en dis so mooi!